Welkom By Die Vleispaleis

Die beste idees gebeur gewoonlik oor 'n braaivleisvuurtjie en so ontstaan die Vleispaleis net so van 'n idee tot 'n slaghuis van formaat.
Ds. Badenhorst en oudl. Koos Pieterse het in 1998, tydens ’n braaivleisgeselligheid oor die geheime van wors-maak gesels. Dit blyk toe dat Koos ’n worsmaker van formaat is en dat hy ook oor al die toerusting beskik het en net daar en dan word Krugersdorp-Oos se eie WORSMAAKPROJEK gebore.

Lees die hele storie

Ons verskaf die volgende
kwaliteit produkte:

  • Egte Boerewors (Tradisioneel & Chakalaka)
  • Vars Gemaalde Maalvleis
  • Boere Biltong en Droëwors
  • Outydse Kerrie Braun
  • Plaashoender Porsies Extra Groot
  • Vars Plaas Eiers
  • Kaas Grootmaat
  • Tuisgebakte Terte, Koeksisters en Beskuit
  • Asook Verskeie Droë Produkte (meel, suiker, rys, pasta ens.)
Bestel hier